Eugene de Kock's Own Words have a Greater Impact than Others who "speak" for Him.
We All Have the Capacity to Sort out the Chaff from the Grain – so too
with the Life and Times of Eugene de Kock.
These are not my words below, but the words of Billy Cox, a member of
our group. I agree with his
sentiments.
Quote “THESE PEOPLE
WHO WRITE THEIR BOOKS BECAUSE OF THEIR INFLATED EGOS… ALL INSPIRED BY THEIR
APOSTLES WITH HIDDEN AGENDAS! WE CAN
ALL WRITE BOOKS TO JUSTIFY OUR SINS!!” Unquote.
I would
like to add that there are many people who do not have the qualifications or
the ability to write non-fiction books.
Non-fiction books need to be properly researched otherwise they just
perpetuate the lies that will eventually become the truth of the masses. Just because you read something in the media,
or you listen to the news, or you watch a documentary or read something in a
book, does not make it the truth. We
have been equipped with a brain that has the capacity to sort out the chaff
from the grain. We must use it to
promote peace, love, compassion, understanding, kindness and to blow the embers
of a spirit that is dying back into life again.
A PERSONAL LETTER FROM EUGENE DE KOCK ADDRESSED TO GENL JOHAN VAN DER
MERWE EX SAP COMMISSIONER......
"Genl. Van der Merwe, my boodskap aan u is, om die ontslape skrywer Christoffel Coetzee aan te haal uit sy boek Op soek na Generaal Mannetjies Mentz: ‘Ek is nie weg nie, generaal, ek is nog net nie terug nie!’”
Dit is die woorde van kol. Eugene de
Kock aan dié voormalige polisiekommissaris ná dié se ope brief die afgelope
week waarin Van der Merwe sê daar is geen bewyse van enige aard dat enige
destydse SAP-generaal geïmpliseer is in enige van die moorde waaraan De Kock
skuldig bevind is nie.
In ’n brief aan Rapport skryf De
Kock:
“U deel nie die publiek mee dat genl.
*********** ten tyde van die Maponya-voorval reeds ’n senior vol kolonel was en
later die nasionale hoof van die veiligheidspolisie se inspektoraat geword het
nie.
“Ek, daarteen, was ’n junior kaptein
wat in daardie stadium onder kol. ********* se bevel gedien het,” skryf De
Kock.
“Niemand moet die indruk kry of dink
dat ek aanspreeklikheid ontken of enige optredes en die gevolge daarvan probeer
ontduik nie.”
De Kock skryf hoekom daar volgens hom
geen getuienis is van hoëvlak-aandadigheid nie:
“Tydens die verskeie kommissies, en
veral die Harms-kommissie, het generaal (toe nog brigadier) *********** alle
verklarings opgestel. Ons moes net teken.
“Die polisie kon dit nie waag dat ons
self verklarings opstel nie. Eiseregisters, reis- en verblyfregisters,
dokumente soos veiligheidsverslae en elke moontlike bewys is opgespoor en
verwyder of vernietig.
“Só wis ons alle rekords en
bewysstukke uit om ons self te vrywaar.
“En dan later, met ironie wat dodelike
gevolge het vir jouself, het jy self geen bewysstukke om jou eie saak te staaf
nie.”
De Kock skryf: “Om te dink dat ek,
omdat ek die minste geag is voor die verandering van regering, en daarna so
prominent die sondebok moes word van die ou bestel, soveel geweet het.
“Hoeveel te meer weet u en die ander
dan nie, generaal!
“Ek is gebruik om jou en al die ander
soos jy se tuimel van ’n baie hoë hoogte te breek.”
De Kock gee dan ’n paar gevalle om
Van der Merwe se “geheue te verfris”:
1. ‘LSD-eksperimente’
* “In 1979-’80 besoek u Koevoet se
paar lede in Oshakati in die destydse Suidwes-Afrika. ***** sit aan die hoof
van die tafel, die senior persoon in beheer van die gesprek.
“Sy Afrikaans is pragtig, suiwer en
duidelik. Hy vertel ons hoe hy self met die verbode LSD op van die gevangenes
in veiligheidspolisie-aanhouding eksperimenteer.
“Om hulle te laat praat en inligting
te laat gee.
“En reg oorkant my kyk ek na ’n
kantoor met kaste en kaste vol blikkiesvleis wat met dubbel-dosisse tallium
behandel is; net reg vir aanwending indien nodig.”
2. ’n Plofstof-krisis
* De Kock skryf die
Oos-Rand-veiligheidstak “neem die ondervraging van ’n Inkatha-lid te ver” en hy
sterf.
“Ek word genader vir hulp. Ek gee
raad én verskaf Oosblok-vervaardigde springstof en ontstekers.
“Maar die poging om die toneel na
sabotasie of poging tot terreur te laat lyk, loop heeltemal skeef weens die
lede se gebrek aan ondervinding met springstof.
“Dit lei tot ’n krisis wat die
veiligheidstak-lede gaan ontbloot. Ek nader genl. **********. Hy reël dat genl.
********** die springstof-toneel besoek, ondersoek en hanteer. Die saak word so
‘reggetrek’. Alles is reg. Probleem opgelos.”
3. Die ‘tube’-probleem
*“Laat een aand kry ek ’n oproep van
kapt. **********, bevelvoerder van die veiligheidstak op **********.
‘Heeelp!!!’ gil hy oor die foon. ‘Ons het ’n man vermoor.’ Ek stuur twee lede
van seksie C.1 om hulp te verleen. Ons is goed vir die vuilwerk! Die
**********- veiligheidstak-vermoorde, Sweet Sambo, verdwyn.
“Hy is met die ‘tube’-metode vermoor.
Die binneband word oor die mond en neus getrek.
“Suurstof-ontneming lewer, met enkele
uitsonderings, al die gewenste inligting op.
“Genl. ********** is nie beskikbaar
nie, en ek lig kol. ********** in wat op sy beurt genl. ********** inlig.
“Hulle vlieg summier met die
veiligheidstak-helikopter na die Skwamaans-polisiebasis naby Komatipoort op die
pad na die dorpie Naas.
“Daar moet opgeruim word en
‘skoongemaak’ word.
“Kol. ******* lig my die volgende
oggend in dat hulle nog die binneband met speeksel, slym en bloed aan op die
toneel gekry het, sowel as ander bewysstukke.
“Geen vervolgings vind plaas nie. En
die laaste keer wat ek met oud-kapt. ****** gepraat het, was hy baie tevrede met
homself.”
4. ‘Toe trap hy op sy kop'
* De Kock vertel van ’n voorval in
die destydse Wes-Transvaal waarin “drie of vier” mense doodgeskiet is.
“Lt. ********** loop na (die)
gewonde, bejaarde man. Hy trap sy kop onder in ’n poel water vas en bly op sy
kop staan totdat hy verdrink. Hierdie persone het geen wapens gehad nie, nog
geen misdaad gepleeg nie.
“Maar die drie afgedeelde blanke lede
van die seksie se vaders was almal baie senior lede van die S.A. Polisie se
veiligheidstakke. Generaal, brigadier.
“Die ondersoek-beampte van die
Pretoria moord-en-roof vind ernstige ongerymdhede en stel dit só in sy verslag.
Maar genl. ********* ‘trek’ die saak reg. Alles is in die haak. Geen probleme
nie. Hierdie groep manne van u word ook nie vervolg nie.”
De Kock sluit af:
“Ek wou nooit daar gaan en daardie
kissie van Pandora oopmaak nie. Maar laat ek daardie kruis dan ook vir myself
baie, baie ligter maak. U verplig my nou, na aanleiding van u aanhoudende druk,
om daaroor te skryf. Ek gaan so maak, volledig en duidelik.”
Groete,
Eugene A. de Kock (Gevangene 94616105)
Eugene A. de Kock (Gevangene 94616105)
*Name is op regsadvies verwyder. Lees
ook die briewe in Weekliks (Jou beurt).
0 comments:
Post a Comment